Diagram

Voorbeeld van 'n vloeidiagram wat die besluitproses om 'n nuwe artikel op Wikipedia by te voeg, uitbeeld.

'n Diagram is 'n eenvoudige tekening of plan wat presies wys waar iets is, hoe iets lyk of hoe iets werk. Dit is ’n lyntekening of 'n grafiese voorstelling van data of inligting. Die woord ‘diagram’ kom van die Griekse woord diagraphein wat ‘baken af met lyne’ beteken.

'n Diagram kan ook 'n kaart of grafiek genoem word. Dit is inligting wat gerangskik is op 'n manier wat duidelik en maklik is om te sien, soos in die vorm van 'n eenvoudige prent, of 'n versameling getalle op 'n stuk papier. Daar is baie verskillende maniere om inligting in prent- of diagramvorm te toon.

Diagramme is baie nuttig, aangesien dit onmiddellik aandui wat gebeur. Diagramme orden inligting op 'n nuttige manier en word vir verskillende doeleindes gebruik. Sommige diagramme toon hoe dinge verloop (bv. grafieke) en sommige diagramme gee bloot die nodige inligting. Grafieke kan aandui of iets verbeter, verswak of dieselfde bly.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search